Google Classroom
GeoGebraGeoGebra Classroom

Hoekom is dit belangrik?

Video verduideliking: Hoekom dit belangrik is?

Geskrewe verduideliking: Hoekom dit belangrik is?

Wat ons moet leer word bepaal deur hoekom ons dit moet leer. Ons gaan kyk hoekom ons sekere dinge moet leer en dan daaruit sal ons sien wat daar geleer moet word. Tydens die matriek eindeksamen sal jy die volgende moet kan doen met betrekking tot funksies en hulle grafieke: •      Jy sal die verwantskap tussen die veranderlikes van 'n vergelyking moet kan beskryf. •      Jy sal moet bepaal of 'n vergelyking wel 'n funksie is. •      Jy sal funksie notasie moet kan verstaan en deurmiddel van algebraiese manipulasie funksies moet kan evalueer. •      Jy sal die grafieke van funksie moet kan teken indien jy voorsien word van die formule van die funksie. •      Jy sal die formule van 'n funksie moet kan aflei van die grafiek van die funksie. Al hierdie kennis word ook verder ge-eksamineer deur twee verskillende grafieke wat vir jou voorsien word en dan moet jy bepaalde intrepretasies maak. Byvoorbeeld: ·       Die formule van die funksies. ·       Translasies van die grafieke. ·       Die lees van Definisie- en Waardeversamelings. ·       Bepaling van snypunte ·       Afstand tussen punte. ·       Funksie berekeninge soos byvoorbeeld: f(x) - g(x) =1 of selfs f(x) x g(x) ≥0 en nog meer. Dit is nogal belangrik om kennis te neem dat hierdie intrepretasie tiepe van vrae al hoe meer 'n fokus is van die eksaminatore. Al hoe meer van die vrae begin hierop fokus omdat jou kennis baie meer geïntegreerd getoets word. So al die vooraf kennis is belangrik in die geval. In al die bogenoemde gevalle sal die volgende funksies getoets word: •      Reguit lyn funksies •      Parabool / Kwadratiese funksies •      Hiperbool funksies •      Eksponensiele funksies •      Die Trigonometriese funksies (Sin, Cos en Tan) En wat nog? •      Jy sal die inverse van hierdie funksies (uitsluitende die Trignometriese funksies) moet kan bepaal en ook aandui hoe die definisieversameling beperk moet word om die inverse 'n funksie te maak. •      Dit bring ons dan by die Logaritmiese funksie wat deel is van dit wat getoets word. Hierdie werkboek gaan deur al die areas werk soos hierbo aangedui.

Kom ons kyk hoeveel het ons geleer