Toenemende en afnemende verwantskappe
Die gradiënt van ’n reguitlyn op ’n kartesies vlak.
Een van die eienskappe van die verwantskap ivan die reguit lyn is die gradiënt van die lyn wat bepaal of die verwantskap ’n “stygende” of ’n “dalende” verwantskap is.
Die gradiënt van ’n reguitlyn word gedefinieer as die koers waarteen die lyn vertikaal styg of daal vir elke eenheid wat daar horisontaal na regs beweeg word.
Die gradiënt tussen twee punte op die reguitlyn is die verandering in die y-waarde op (positief) of af (negatief) in verhouding met die positiewe verandering in x-waarde. Hier volg die formele formule van die gradiënt van ’n reguitlyn tussen twee punte A en B:
Die volgende video verduidelik dit in meer detail.
Verduideliking: Hoe om die verwantskap te lees van die reguitlyn grafiek
Ondersoek: Oefen om die verwantskap van die reguit lyn te lees
Die gemiddelde gradiënt van ’n kurwe op ’n kartesies vlak.
’n Parabool vorm nie ’n reguit lyn nie, maar eerder ’n kurwe. In die geval bestudeer ons die gemiddelde gradiënt tussen twee punte om te bepaal of die verwantskap ’n “stygende” of ’n “dalende” verwantskap is. Die gemiddelde gradiënt is dan die gradiënt van die reguitlyn tussen die twee punte.
In die volgende video bespreek ons dit in meer detail.