Wat is die verskil tussen vergelykings en formules?
Dinge is nie altyd soos dit lyk nie.
Voor ons op die ontdekkingstog gaan moet ons eers stop en 'n paar konsepte vasle. Die eerste konsep is die verskil tussen 'n vergelyking en 'n formule. Kom ons bestudeer eers die volgende twee voorbeelde:
- Vergelyking:
- Formule:
Kan jy oplos vir x in beide gevalle?
In beide gevalle, kyk wat gebeur as jy x=5 instel.
Opsomming van die ondersoek: Formules is spesiale vergelykings
Geskrewe verduideliking: Formules is spesiale vergelykings
Formules is spesiale tiepe vergelykings en word soms Leterlike vergelykings genoem. Waar gewone vergelykings slegs een veranderlike het, het formules twee of meer veranderlikes. Uit die vorige oefeninge kan ons die volgende afleidings maak:
- Formules is nie gesik om op te los vir x nie. In 'n poging om dit op te los maak ons maar net x die onderwerp van die formule wat uitgedruk word in terme van y. (Vergelykings met een veranderlike los maklik op vir x.)
- Formules is meer geskik vir die instel van waardes wat dan 'n waarde toeken aan die ander veranderlike. Ons verwys na invoergetalle wat uitvoergetalle op lewer. (Vergelykings met een veranderlike lei tot vals wiskunde indien ons probeer om enige waarde in te stel vir x. Die rede is dat daar net een moontlike waarde van x is wat die stelling waar maak.)
Kom ons oefen om te onderskei tussen vergelykings en formules
In die volgende oefening gaan daar verwag word om te kan ondeskei tussen:
- Normale vergelykings (Onthou dit sal net een veranderlike hê)
- Vergelykings wat spesiaal is en geklasifiseer word as formules of leterlike vergelykings. (Onthou hulle sal twee veranderlikes hê.)
- Klik op die geel knoppie "Begin die oefening" en die program sal 10 verskillende vergelykings laai.
- Bestudeer die vergelykings en besluit of dit 'n Normale Vergelyking of 'n Formule (Leterlike Vergelyking) is.
- Langs die vergelyking is 'n blou kolletjie. Indien jy met die linker muis knoppie op die kolletjie klik en dit inhou, kan jy die kolletie met die vergelyking sleep in die korrekte spasie.
- Sleep nou alle Formules (Letterlike Vergelykings) binne die blou raam en alle normale vergelykings binne die groen raam.
- As jy alle vergelykings geplaas het waar jy glo dit moet wees, klik op die geel knoppie "Merk jou werk" om te sien of jy dit reg het.
- Indien jy weer die oefening wil doen kan jy bloot net die geel knoppie "Probeer weer" en begin van voor af.
Geniet die oefening!
Oefening: Onderskei tussen vergelykings en formules
Kom ons kyk of ons die werk reg verstaan
Hier volg 'n paar vergelykings. Merk al die vergelykings wat funksies is.
Hier volg 'n paar stellings. Merk al die stellings wat waar is.