Google Classroom
GeoGebraGeoGebra Classroom

Waarskuwing: Hierdie werkboek vervang nie oefening nie

Video verduideliking: Belangrikheid van oefening

Geskrewe verduideliking: Belangrikheid van oefening

Waarskuwing: Hierdie werkboek vervang nie oefening nie! (Die belangrikheid van oefening.) Die doel van hierdie werkboek is:
  • Om op 'n ontdekkingstog te gaan wat funksies en hulle grafieke te ondersoek en die verskillende konsepte dieper te ondersoek.
  • Om leerders se verstaan van die konsepte te verdiep sodat hulle met insig kan oefen en met vrymoedigheidd die eksamen kan aanpak.
Hoe ontwikkel ek ‘n vaardigheid? Maar wiskunde is 'n vaardigheid en 'n vaardigheid kan sleg ontwikkel deur middel van oefening. En hoe meer ons oefen, verhoog ons vaardigheid en verbeter ons verstaan van wiskunde. Nou hoe oefen ons wiskunde? Hier is maar 'n paar voorbeelde:
  • Werk deur ou vraestelle.
  • Doen ekstra oefeninge in jou handboeke.
  • Doen "exam practices" op die SIYAVULA webwerf.
  • Verduidelik die wiskunde vir ander leerders. Dit kan ander graad 12 leerders of selfs graad 11 leerders wees.
Die idee is dat jy deur die werkboek werk en dan baie oefening moet doen. Dit mag dalk 'n goeie plan wees om terwyl jy die oefening doen weer terug te verwys na die werkboek om so jou verstaan te verdiep. Die belangrikste is dat die doel van die werkboek nie is om oefening te vervang nie!

Kom ons reflekteer oor dit wat ons geleer het