Argument 3: Driehoeke met gelyke hoogtes het oppervlaktes wat eweredig is aan hulle basisse.

Ons bou nou verder op argument 1 en 2 en beskou driehoeke met gelyke hoogtes maar verskillende basise. In die volgende skets het ons twee ewewydige lyne AB en CD met twee driehoeke tussen die twee lyne maar verskillende bassisse op dieselfde lyn. Sleep punte F en H om te sien wat die verwantskap is tussen die driehoeke se oppervlakte en die lengte van hulle basisse.
Deur die gebruik van die formule vir die oppervlakte van driehoeke kan die verhoudings bewys word. Ons kan dus die gevolgtrekking maak dat driehoeke met gelyke hoogtes oppervlaktes het wat eweredig is aan hulle basisse.