Ondersoek

Soos die een waarde verander verander die ander waarde

Het jy al ooit OROS gemeng? OROS moet gemeng word teen 'n proporsie van 3 dele water vir 1 deel OROS. Met ander woorde vir elke liter OROS moet jy 3 liter water meng. Twee liter OROS moet met 6 liter water gemeng word. Indien ek 9 liter water gebruik, moet ek dit meng met 3 liter OROS. Hier sien ons weer ekwivalente breuke:  Hierdie beginsel word nogal baie in die wisseling van geld eenhede gebruik. Ons sal byvoorbeeld sê dat die Rand-Pond wisselkoers is R19,50/£. Dit beteken dat vir elke Pond sal ek R19,50 betaal. Oefen dit op die volgende werkblad:
Let op om Rande om te skakel na Ponde gebruik ons die funksie:   Om Ponde om te skakel in Rande gebruik ons die inverse funksie:   Die petrol prys is ongeveer R10.34 per liter. Hierdie vehouding kan net soos met wisselkoers gebruik word. Skryf 'n funksie om te bepaal hoeveel Rand  liter kos. Wat van 'n funksie wat aandui hoeveel liter ek vir R kry?