Google ClassroomGoogle Classroom
GeoGebraGeoGebra Klaslokaal

Definisie van 'n funksie

Formele definisie van 'n funksie

Die formele definisie is: 'n Funksie is 'n reël wat vir elke element in die versameling presies een element, genoem (), het in die versameling . Die funksie notasie is as volg: ()= Dit mag dalk nou as te veel voel vir jou maar ons gaan in een die volgende aktiwiteite dit in meer eenvoudige terme en met voorbeelde verduidelik. Dit is egter belangrik dat jy die volgende punte moet waarneem:
  1. Daar is 'n versameling van inset waardes wat ook bekend staan as die definisieversameling. Hierdie waardes is ook onafhanklik van die waardeversameling wat in die volgende punt genoem word.
  2. Daar is is 'n versameling van uitset waardes () wat verkry word deur die inset waardes in te stel in die reël . Hierdie stel uitset waardes staan ook bekend as die waardeversameling en is afhanklik van die definisieversameling.
  3. Daar bestaan dus 'n verwantskap tussen die waardes soos bepaal deur die reël
  4. Die belangrikste voorvereiste is dat vir elke -waarde in die definiesieversameling kan daar slegs een unike ()-waarde in die waardeversameling wees. Indien nie, kan dit nie 'n funksie wees nie.

Verduideliking wanneer is 'n formule 'n funksie

Gebruik die vertikale liniaal toets om te bepaal of die grafieke van formules wel funksies is

Kom ons konsolideer wat ons geleer het

In die volgende oefening gaan daar verwag word om te kan ondeskei tussen:
  1. Normale vergelykings (Onthou dit sal net een veranderlike hê)
  2. Vergelykings wat spesiaal is en geklasifiseer word as formules of leterlike vergelykings. (Onthou hulle sal twee veranderlikes hê.)
  3. Vergelykings wat spesiaal is en geklasifiseer kan word as formules of letterlike vergelykings maar ook verder as funksies. (Onthou: 'n Funksie is 'n reël wat vir elke element in die versameling presies een element, genoem (), het in die versameling .)
Om die oefening te doen moet jy die volgende doen:
  1. Klik op die geel knoppie "Begin die oefening" en die program sal 10 verskillende vergelykings laai.
  2. Bestudeer die vergelykings en besluit of dit 'n Normale Vergelyking, 'n Formule (Leterlike Vergelyking) of 'n funksie is.
  3. Langs die vergelyking is 'n blou kolletjie. Indien jy met die linker muis knoppie op die kolletjie klik en dit inhou, kan jy die kolletie met die vergelyking sleep in die korrekte spasie.
  4. Sleep nou alle Funksies binne die pienk raam, Formules (Letterlike Vergelykings) binne die blou raam en alle normale vergelykings binne die groen raam.
  5. As jy alle vergelykings geplaas het waar jy glo dit moet wees, klik op die geel knoppie "Merk jou werk" om te sien of jy dit reg het.
  6. Indien jy weer die oefening wil doen kan jy bloot net die geel knoppie "Probeer weer" en begin van voor af.

Geniet die oefening!

Onderskei tussen verskillende vergelykings