Funksies wat ons elke dag gebruik
Funksies wat ons elke dag gebruik
Ontdek funksies rondom ons
In byna alle fisiese waarnemings wat ons maak sal ons kan oplet dat die een kwantiteit afhanklik is van 'n ander kwantiteit. Met ander woorde dat daar ‘n verwantskap bestaan tussen sekere kwantiteite. Hier is ‘n paar voorbeelde:
- Jou lengte is afhanklik van jou ouderdom.
- Die temperatuur is afhanklik van die tyd van die dag.
- Die bedrag wat ek vir petrol betaal is afhanklik van die aantal liters wat ek insit.
- Jou lengte as 'n funksie van jou ouderdom.
- Die temperatuur as 'n funksie van die tyd van die dag.
- Die bedrag wat ek vir petrol betaal as 'n funksie van die aantal liters wat ek insit.
Aktiwiteit: Vulstasie Funksie
Kom ons bestudeer die voorbeeld van die bedrag wat ek vir petrol betaal. Die prys van petrol is tans ongeveer R17 per liter. Ons kan dus die funksie as volg uitdruk:
funksie(liter) = 17 X liter.
(In aktiwiteite wat volg sal ons in meer besonderhede die funksie notasie verduidelik.)
In hierdie aktiwiteit kan jy die funksie toets. Sit ‘n getal in die blokkie wat ‘n aanduiding is van die aantal liters wat jy wil insit en die funksie sal dan bepaal wat is die bedrag wat jy die vulstasie moet betaal vir die petrol. Jy kan elke keer net 'n nuwe aantal liters insit.
Geniet dit!